Die 40-jarige Lauren Dickason wat daarvan aangekla is dat sy haar drie dogters in Nieu-Seeland vermoor het, is steeds in ‘n psigiatriese inrigting opgeneem.
I Stuff, ‘n Nieu-Seelandse mediahuis, berig Dickason was Vrydag afwesig by die hofverrigtinge. Haar regsverteenwoordiger, Kerry Beaton, het namens haar in die hof verskyn.
Dickason is in ‘n medium-sekuriteit psigiatriese inrigting, Hillmorton Hospital in Christchurch, opgeneem.
Sy het glo mediese raad ontvang dat sy nie nou “aan ‘n hofomgewing blootgestel moet word nie”.
Sedert die moord op haar kinders is Dickason nog van elke hofverrigting verskoon.
Dickason, ‘n dokter, en haar man, Graham, en hulle drie kinders – tweelingdogters Maya en Karla (2) en hulle ouer sussie Liane (6) – het in Augustus verlede jaar van Suid-Afrika na Nieu-Seeland getrek.
Die aand van 16 September, ongeveer ‘n week na die gesin by hulle nuwe huis ingetrek het, is die drie meisies vermoor. Graham het hulle liggame die aand om 22:00 by die huis gevind toe hy van ‘n restaurant af teruggekeer het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



