Nomvula Mdluli, ‘n vrou van KwaMthethwa in KwaZulu-Natal, is tragies op Maandag 4 Julie dood in ‘n fratsongeluk waarby ‘n watertenkwa betrokke was.
Die 38-jarige vrou is glo deur ‘n watertenkwa getref terwyl sy water gaan haal het.
Volgens 1KZNTV News was Mdluli in die ry om water by die vragmotor te gaan haal toe haar trui aan die voertuig vasgehaak het.
Die bestuurder het haar nie gesien toe hy die vragmotor in beweging gebring het nie, wat daartoe gelei het dat sy gesleep en onder die wiel ingetrek is.
“Die Mlungwana-gesin vra vir hulp met begrafnisreëlings van enigiemand wat kan help, aangesien niemand in die huishouding ‘n inkomste verdien nie,” het die televisienuusstasie gesê.
Bronne: MSN, The South African, Economy24
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



