’n 35-jarige man is gered van ‘n val na sy dood by die Howick-waterval in Howick, KwaZulu-Natal.
Omstreeks 14:45 op Dinsdag 5 Julie het Midlands EMS berig sy personeel het verskeie oproepe ontvang oor ‘n man wat van die Howick-waterval in Howick geval het.
By aankoms het Midlands EMS-spanne ontdek die 35-jarige plaaslike inwoner het selfdood probeer pleeg deur van die uitsigpunt by Howick-waterval af te spring.
“Die vinnigdenkende sekuriteitswag op die toneel het dadelik hulp ontbied en sommige omstanders het te voet na die pasiënt begin afklim,” lui die verslag.
“Toe Midlands EMS, SAPD se soek-en-reddingspan, die Howick-polisie en verskeie plaaslike veiligheidsdienste opdaag, is die pasiënt gevind en het met die hulp van omstanders begin uitklim.”
“Daar word geglo die pasiënt se val is vertraag deur digte bome, bosse, asook rotslyne,” het Midlands EMS verder berig.
Die pasiënt is geassesseer. Hy het matige beserings opgedoen wat op die toneel behandel is. Hy is daarna na ‘n plaaslike fasiliteit vir verdere behandeling vervoer.
Bronne: MSN, The South African, Economy24
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: DA staan by aktivis Ian Cameron na Cele hom stilmaak



