DA staan ​​by aktivis Ian Cameron na Cele hom stilmaak

Deel hierdie storie / Share this story

Ná die dramatiese gebeure waartydens die aktivis Ian Cameron uit ’n gemeenskapsvergadering gedwing is, het die Demokratiese Alliansie (DA) besluit om by hom te staan.

Cameron, die leier van Action Society, ‘n drukgroep in die Wes-Kaap, het dit gister in ‘n vergadering vir die minister van polisie, Bheki Cele, ongemaklik gemaak. Cele het uiteindelik op die aktivis geskree en vir hom gesê om stil te bly en die vergadering te verlaat.

Cameron, wat onder meer Cele se leierskap gekritiseer het, is nie net die deur gewys nie, maar deur die polisie uit die lokaal en parkeerterrein verwyder.

Die hele voorval is deur omstanders en die media verfilm.

Die DA het dit agterna op sy Facebook-blad gestel dat hulle agter Cameron staan.

“Die DA staan ​​by Ian Cameron wat met geweld uit ‘n gemeenskapsvergadering verwyder is nadat hy gepleit het vir die veiligheid van inwoners van Gugulethu en Nyanga. Die polisie se gebrekkige hulpbronne deur die nasionale regering moet blootgelê word en polisiëringsmagte moet afgewentel word. Bheki Cele moet gaan!” het die DA sy standpunt gedeel.

Bronne: MSN, Tribune South Africa, SA People

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Bakleiery tussen kollegas eindig in ontvoering, roof en moorde