Aappokke-gevalle drie keer meer in Europa

Deel hierdie storie / Share this story

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeksdirekteur vir Europa, dr. Hans Kluge, het Vrydag gewaarsku dat gevalle van aappokke in die streek oor die laaste twee weke drie keer vermeerder het. Die WGO het ook ‘n beroep gedoen op lande om seker te maak die eens skaars siekte raak nie ‘n probleem op verskeie vastelande nie.

Afrika-gesondheidsowerhede sê hulle hanteer die aappokke-uitbraak as ‘n noodgeval en doen ‘n beroep op ryk land om voorraad vir inentings te deel om billikheidsprobleme soos tydens die Covid-19-pandemie te vermy.

Dr. Hans Kluge sê in ‘n verklaring dringende en gekoördineerde aksie baie belangrik is om die verspreiding van die siekte so gou moontlik stop te sit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.