‘Stealth mode’ en vyf ander funksies uiteindelik vir WhatsApp

Deel hierdie storie / Share this story

WhatsApp beplan ‘n nuwe funksie wat jou in staat sal stel om op WhatsApp te wees sonder dat enigiemand weet jy is aanlyn.

Jy gaan ook jou boodskappe kan verander wanneer jy dit klaar gestuur het, dus hoef jy nie meer bekommerd te wees oor tikfoute nie.

Nog nuwe funksies wat vir WhatsApp ontwikkel word, sluit in:

Nuwe gereedskap om advertensies op WhatsApp Premium vir besighede op te spoor.

WhatsApp Desktop met mobiele kenmerke, insluitend die opstel van profiele, die skep van bestellings, ens.

Verlengde tyd vir die uitvee van boodskappe.

Gebruikers sal toegelaat word om groepe stilweg te verlaat, net die groepadministrateur sal dit kan sien.

Bronne: MSN, The South African, Affluencer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Kinders beseer toe VW Golf deur Durbanse restaurant ry