Kinders beseer toe VW Golf deur Durbanse restaurant ry

Deel hierdie storie / Share this story

Nooddienste het gesê nege mense, insluitend kinders, is beseer toe ‘n voertuig deur ‘n restaurant gery het.

Die voorval het Dinsdag omstreeks 10:30 plaasgevind.

Volgens Garrith Jamieson van ALS Paramedics het hulle gereageer op ‘n oproep van ‘n ernstige botsing in Sewende Laan en Argyleweg in Morningside.

“Die presiese oorsaak van die botsing is onbekend, maar ‘n voertuig het deur ‘n plaaslike restaurant gery.”

Jamieson het gesê die restaurant was vol gesinne wat gesellig verkeer. “’n Triage is gedoen en onmiddellik is meer ambulanse sowel as gevorderede lewensondersteunende paramedici uitgestuur om te help.

“Nege mense het beserings wat wissel van gering tot ernstig opgedoen. Al die pasiënte is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskeie Durbanse hospitale vervoer is vir verdere sorg wat hulle benodig.”

Jamieson het gesê die polisie was op die toneel.

Bronne: MSN, IOL, Sowetan LIVE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Bakleiery tussen kollegas eindig in ontvoering, roof en moorde