Die polisie op Butterworth doen ‘n dringende beroep op die gemeenskap om te help om die agtjarige Qhama Tyali op te spoor na sy op 4 Julie by haar huis verdwyn het.
Kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, sê Qhama is op 4 Julie omstreeks 17:00 laas gesien toe sy gestuur is om brood te gaan koop. Sy het nooit teruggekeer huis toe nie.
“‘n Voorlopige ondersoek is sonder enige sukses voltooi,” sê kapt. Mawisa.
Qhama het ‘n pers broek, ‘n wit-en-blou baadjie en gumboots aangehad toe sy verdwyn het.
Enigiemand met inligting kan konst. Masande Sinyondo by 072 267 8693 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



