Dit blyk of sommige Suid-Afrikaners nou genoeg gehad het van president Cyril Ramaphosa en vir Jacob Zuma wil terughê.
Twitter is oorspoel met plasings van keelvol burgers wat spyt uitgespreek het oor die kritiek op Ramaphosa se voorganger, Jacob Zuma.
Plaaslike Twitter-gebruikers het hul frustrasie met die huidige administrasie uitgespreek en Zuma om verskoning gevra onder die hutsmerk #SorryJacobZuma, wat Maandagaand 4 Julie 2022 boaan die tendenslys was.
Terwyl Ramaphosa daarin geslaag het om polities te oorleef, ten spyte van talle skandale, lyk dit of die aankondiging van nog ‘n petrolprysverhoging, gepaardgaande met die voortslepende beurtkrag, net te veel was.
Terwyl Jacob Zuma nie veel beter was nie, wys die twiets hoe gefrustreerd en kwaad mense is. Sommige doen selfs ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om uit sy amp te tree.
Die Jacob Zuma-stigting het die hutsmerk #SorryJacobZuma opgemerk en beoog om die boodskappe aan Zuma te gee.
Bronne: MSN, The South African, Flipboard
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



