Burgemeester Victor Hugo Sosa het “Ek sal” vir ‘n klein sewejarige alligator genaamd Princess in ‘n klein Mexikaanse dorpie gesê.
Die “huwelikseremonie” het op Donderdag 30 Junie in die geselskap van tientalle dorpenaars plaasgevind te midde van die geskal van trompette en tromme.
Burgemeesters wat met kaaimanne trou, is ‘n eeue-oue tradisie in die dorp en help na bewering om geluk aan die vissersgemeenskap te bring.
Die huwelikseremonie is deel van ‘n ritueel wat waarskynlik eeue teruggevoer kan word tot voor-Spaanse tye in die staat Oaxaca se Chontal en Huave inheemse gemeenskappe, berig die New York Post.
“Ons vra die natuur vir genoeg reën, vir genoeg kos, dat ons vis in die rivier het,” het Sosa ná die seremonie gesê.
Intussen het die vrou wat bekend staan as die peetma van die gemeenskap, Elia Edith Aguilar, gesê sy is trots op die tradisie.
Bronne: MSN, Daily Mail, Affluencer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Liggame gevind ná vermoedelike moord en selfdood van pa en seun



