Klimaat-aktiviste gom hul hande aan skildery om punt te bewys

Deel hierdie storie / Share this story

Twee aktiviste van die Just Stop Oil-veldtog teen klimaatsverandering het Maandagmiddag hulle hande aan ‘n bekende skildery in ‘n galery in Londen vasgegom.

Dié twee aktiviste sê die rede vir dié stap is om uit te beeld wat die klimaatineenstorting aan landskappe sal doen en om ook hulle eie apokaliptiese visie van die toekoms uit te beeld.

BBC berig die aktiviste van onderskeidelik 22 en 23 jaar oud is Maandagmiddag na 16:00 in hegtenis geneem.

Toe die twee met wit T-hemde aan met die woorde “Just Stop Oil” daarop hulle hande op die raam van die skildery geplaas het, het hulle geëis dat die uitreik van nuwe olie- en gaslisensies in die Noordsee beëindig moet word.

Die aktiviste is later as die musiekstudent Eben Lazarus en sielkundestudent Hannah Hunt geïdentifiseer.

Die skildery waaraan hulle hul hande vasgegom het, is The Hay Wain wat in 1821 deur John Constable geskilder is. Dié skildery is een van die gewildste skilderye in die National-galery.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.