Só lyk die nuwe Springbok-span wat Saterdag teen Wallis uitdraf

Deel hierdie storie / Share this story

Dit was omtrent ‘n naelbyt affêre toe die Springbokke Saterdag op Loftus teen Wallis gespeel het en in die laaste minute ‘n strafskop gekry het wat hulle net-net met 32 – 29 laat wen het.

Hierdie naweek pak dié twee spanne mekaar weer in Bloemfontein.

Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het die kaptein Siya Kolisi en die losskakel Elton Jantjies uitgelaat toe hy die spelers aangewys het vir hul tweede toets teen Wallis Saterdag in die Toyota-stadion in Bloemfontein.

SA-span: 15 Warrick Gelant, 14 Kurt-Lee Arendse, 13 Jesse Kriel, 12 Andre Esterhuizen, 11 Aphelele Fassi, 10 Handre Pollard (kaptein), 9 Jaden Hendrikse, 8 Evan Roos, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Marcell Coetzee, 5 Marvin Orie, 4 Eben Etzebeth, 3 Trevor Nyakane, 2 Joseph Dweba en 1 Thomas du Toit.

Plaasvervangers: 16 Malcolm Marx, 17 Ntuthuko Mchunu, 18 Vincent Koch, 19 Ruan Nortje, 20 Rynhardt Elstadt, 21 Deon Fourie, 22 Grant Williams en 23 Damian Willemse.