Christiana se stadsaal en kliniek brand

Deel hierdie storie / Share this story

Die stadsaal en kliniek op Christiana in die Noord-Wes het Maandagaand gebrand.

Mpho Pilane van die Lekwa-Teemane-munisipaliteit het die voorval aan FiND iT bevestig.

Volgens Pilane het die brand omstreeks 19:00 ontstaan en hoewel die brandweer en nooddienste vinnig op die toneel was, kon hul nie die stadsaal en kliniek red nie.

“Daar word vermoed dat iemand ‘n verwarmer of een of ander elektriese toestel aangeskakel gelos het. Die persoon het moontlik vergeet dis nog aan as gevolg van beurtkrag en dit moes weer aangeskakel het toe die krag weer aangekom het.”

Niemand is in die voorval beseer nie.