Drie vermeende renosterstropers vas, vier renosters dood

Deel hierdie storie / Share this story

Drie vermeende renosterstropers tussen die ouderdomme van 23 en 49 is Vrydag in die Kruger Nasionale Park in hegtenis geneem.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê ‘n toeris het vreemde skietgeluide in die park gerapporteer.

Vier renosters is doodgeskiet voor die stropers voorgekeer is.

“Verslae dui daarop dat ‘n groep gewapende oortreders by die park ingesluip het,” sê brig. Mohlala.

Brig. Mohlala sê ná die toeriste die geluide gerapporteer het, is ‘n helikopter na die toneel ontbied. “Drie mans is op die toneel gevind met ‘n jaggeweer, ‘n knaldemper, drie messe, vier selfone en drie sakke.”

Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die stropers nie die horings van die renosters kon verwyder nie.

Die stropers is glo van Mosambiek afkomstig.

Hulle verskyn na verwagting vandag in die Bushbuckridge-landdroshof.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.