‘n Agt dae oue babatjie is Vrydag uit sy ma se arms in Soweto deur ‘n gewapende man in ‘n wit voertuig ontvoer.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom om te help om die babatjie op te spoor.
Volgens die polisie het Hlelokuhle Khumalo ‘n bruin broekie, ‘n bruin hempie en wit sokkies aangehad toe hy ontvoer is.
Skakel sers. Masango, die ondersoekbeampte, by 078 1447 684.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



