Vries jou sop só

Deel hierdie storie / Share this story

Dis nie nodig om ‘n vrieskas vol houertjies te hê wanneer jy sop gemaak het en dit wil vries om later net weer warm te maak nie. Maak jou sop vooruit dié winter en vries dit op hierdie maklike, praktiese manier.

Spuit ‘n groot en diep genoeg oondpan met Spray & Cook en gooi jou afgekoelde sop daarin. Plaas dit in die vrieskas tot die sop genoeg gevries is om dit in blokkies te sny. Sny dit in porsiegrootte-blokkies en bêre genoeg blokkies vir ‘n ete bo-op mekaar in ‘n plastieksakkie.

Bespaar tyd en plek met die lekker wenk!

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.