‘n Verdagte (29) is in hegtenis geneem in verband met die moord op drie mense in Pietermaritzburg.
‘n Bejaarde vrou (65) is in Sobantu in Pietermaritzburg vermoor en haar 46-jarige dogter en 8-jarige kleindogter verkrag en doodgewurg.
‘n Familielid het op die grusame toneel afgekom en die polisie in kennis gestel.
Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê toe die polisie op die toneel kom, het hulle inwoners in die area ondervra. “Die inligting wat die polisie bymekaar kon maak, het hulle gelei tot by die huis van ‘n 29-jarige man wat laaste saam net die slagoffers gesien is.”
Konst. Ngcobo sê die polisie het die man in sy huis, nog met bloedbevlekte klere, gevind. Hy kon nie ‘n rede gee waarom sy klere gevlek is nie en is in hegtenis geneem.
Hy verskyn na verwagting binnekort in die Pietermaritzburg-landdroshof.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



