Verlate, spookagtige hospitaal glo deur kinders vir onwettige aktiwiteite gebruik

Die Kemptonpark-hospitaal sou in 2015 teen R244 opgeknap geword het.

‘n Verlate hospitaal in Kemptonpark word glo deur kinders wat stokkies draai vir onwettige aktiwiteite gebruik.

In ‘n verklaring deur Refiloe Nt’sekhe, DA-woordvoerder, bevestig hy die hospitaal word vir kriminele aktiwiteite gebruik. Die hospitaal staan al vir dekades leeg.

Die voorvalle spruit uit die DA se inspeksie by die verlate Kemptonpark-hospitaal na aanleiding van talle klagtes van die inwoners oor die beweerde kriminele aktiwiteite wat in die gebou plaasvind.

Nt’sekhe sê hy is teleurgesteld om te ontdek dat daar leerders in skooldrag van die naburige skole binne die verlate hospitaal gedurende skoolure was.

“Hierdie leerders het ‘n nuwe bunkplek gevind waar hulle geneig is om hulle aan beweerde kriminele aktiwiteite oor te gee. Hulle kan eerder die hospitaal opknap en heropen om die druk by die Tembisa- en Edenvale-hospitaal te verlig, wat tans oorvol is en nie in staat is om voldoende gesondheidsorgdienste te lewer nie.

“Inwoners van Kemptonpark kan nie voortgaan om lang afstande na die Tembisa- en Edenvale-hospitale te reis om gesondheidsorgdienste te ontvang nie. Dit terwyl hul naaste hospitaal verlate is.”

Die DA sê dat dit politieke party druk op beide die Gautengse departement van gesondheid en die departement van infrastruktuurontwikkeling sal uitoefen om te verseker dat hierdie hospitaal opgeknap en heropen word, aangesien mense in hierdie area hierdie fasiliteit dringend nodig het.

“Ons sal opvolgvrae in die Gauteng Provinsiale Wetgewer (GPL) stel om vas te stel wanneer die opknappings van hierdie hospitaal sal begin en wanneer die hospitaal heropen sal word,” sluit Nt’sekhe af.

Die Kemptonpark-hospitaal sou in 2015 teen R244 opgeknap geword het, maar in 2017 sou die stad glo R127 miljoen bestee het om die gebou te sloop, volgens die Gautengse LUR vir infrastruktuurontwikkeling, Jacob Mamabolo.

Dit is nie tans bekend watter proses gevolg sal word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.