Ons gunsteling-beurtkragresepte

Deel hierdie storie / Share this story

Die krag is af, dis Woensdagaand en almal is honger. Dis nie nodig om wegneemetes te bestel nie, dis moontlik om tydens beurtkrag jou gesin se hongerpyne te stil.

Braaipaai

2 rolle skilferdeeg – ontdooi en uitgerol
1 pak spinasie of ‘n vars bossie
Gaar hoender (gevlok of in blokkies) of enige ander oorskietvleis
250 g spek (gaar)
1 geelrissie, 1 rooirissie & 1 ui

1 pak sampioene in skywe gesny
Feta, Cheddar, Mozzarella, of Gouda

Kies watter kaas jy wil gebruik, kies jou eie speserye.
Vat jou toeknyp-roorster. Spuit Spray & Cook op of smeer met botter.
Sit die eerste stuk skilferkorsdeeg op onderste deel van die rooster.
Sit helfte van die rou spinasie op.
Sit die vleis op, dan die uie en spek.
Pak rou sampioene op, dan speserye.
Sit nou verskillende kase op.
Eindig met ander helfte van spinasie
Plaas ander rol skilferkos bo-op – knyp toe aan die kante. Verf eier of melk bo-oor en aan die onderkant van die skilferkors. Knyp rooster toe en braai hoog op vuur tot gaar en goudbruin. Draai gedurig om. – Muriel Hulshof, Kaalvoet/Barefoot Chef

Wenk: Jy kan ‘n stuk van die skilferkorsdeeg bêre en vir nagereg met karamel, sjokoladestukkies of malvalekkers vul en braai.

Wenk: Kook die ketel net voor die krag afgaan en gebruik daardie kookwater om kitsnoedels soos two minute noodles gaar te maak. Jy kan worsies daarin opsny en kaas oor rasper.

Wenk: Maak ‘n redelike hoeveelheid pasta of rys gaar wanneer die krag aan is, sodat jy dit later in ‘n rys- of pastaslaai kan omskep.

Rysslaai

3 k gaar rys
½ k blatjang
½ k rosyntjies
½ k gemengde gaar groente (opsioneel)
1 k mayonnaise
1 e kerriepoeier
25 ml fyngekapte uie

Meng alles saam en roer goed. Maak liefs ‘n dag voor die tyd sodat die geure kan ontwikkel. – Elsabe Carpenter, Resepte oud en nuut

Pastaslaai

1 pakkie pasta
2 k kersietamaties, gehalveer
1 pakkie swart olywe, gehalveer
1 rooi ui, fyn opgesny
2 wiele feta, gekrummel
2 k komkommerblokkies

Plaas alles in n groot slaaibak en meng deur.

Vir die slaaisous:

¼ k rooiwynasyn
½ k olyfolie
sout na smaak
½ t suiker
swartpeper na smaak
1 t gedroogde Italiaanse kruie
1 t Dijon-mostert
1 knoffelhuisie, fyngedruk

Plaas alles in ‘n glasflessie en skud baie goed. Giet oor die slaai en meng deeglik deur. Geur met nog sout en peper indien nodig. – Happies & Grappies en Goeters

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.