Die soektog na die sesjarige Khayalethu Magadla is aan Johannesburg Water oorgegee.
Nooddienste het Maandag gesê die soektog het die afvalverwerkingsaanleg bereik waar dit die kundigheid van die Johannesburg Water-tegnici sal vereis.
Die seuntjie het glo meer as twee weke gelede in ‘n mangat geval terwyl hy saam met sy vriende by die park in Dlamini, Soweto, gespeel het.
Vyftien dae later is daar steeds geen teken van hom na ‘n hulpbron-intensiewe operasie waarby reddingstegnici van die EMS en polisie-gespesialiseerde eenhede betrokke was nie.
Robert Mulaudzi, Johannesburgse EMS-woordvoerder, het bewerings ontken dat die soektog gestaak is.
Bronne: MSN, 702, News365
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Soektog na die 6-jarige wat in ‘n mangat geval het, duur voort



