Moontlike verband tussen bloedklonte en Covid-19-simptome ondersoek

Navorsing toon ‘n derde van pasiënte wat weens Covid-19 gehospitaliseer is, het eers ‘n jaar later ten volle herstel.

’n Moontlike verband tussen bloedklonte en voortdurende simptome van Covid-19 word deur navorsers in die Verenigde Koninkryk (VK) ondersoek.

Volgens prof. Ami Banerjee, ‘n professor aan die London-universiteit, wat ‘n studie genaamd Stimulate-ICP lei, het gesê dit is bewys dat Covid-19 (nes die inenting) die risiko van bloedklonte verhoog.

Navorsing toon ‘n derde van pasiënte wat weens Covid-19 gehospitaliseer is, het eers ‘n jaar later ten volle herstel.

Volgens Banerjee het mense wat die siekte gehad het ‘n groter risiko om ‘n beroerte, hartaanvalle en diepaartrombose op te doen.

Navorsing van wetenskaplikes in Suid-Afrika het bevind mense met lang-Covid-simptome het mikroklonte in hul bloed, terwyl studies in die VK bevind het byna ‘n derde van lang Covid-pasiënte het las van abnormale bloedstolling.

Navorsers moet nou toetse doen om te ondersoek of bloedverdunners diegene wat die siekte gehad het kan help.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.