Soektog na die 6-jarige wat in ‘n mangat geval het, duur voort

Deel hierdie storie / Share this story

Soekoperasies is steeds aan die gang na die sesjarige Khaya Magadla wat die naweek in Soweto in ‘n mangat geval het terwyl hy saam met vriende gespeel het.

Johannesburg EMS en die polisie het reeds vier mangate sonder sukses deursoek.

Die Magadla-gesin is aangesê om voor te berei vir die ergste, aangesien die kans dat die seun lewend gevind kan word, skraal is en die operasie as ‘n soektog en herstel verklaar moes word.

Die soektog sal na verwagting Woensdag voortgaan.

Bronne: MSN, Sowetan LIVE, EWN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Soektog na 6-jarige in oop mangat