Dogtertjie deur vier babahondjies verskeur

Deel hierdie storie / Share this story

Klein Felicity was bewusteloos en haar bolyf was “verskeur” toe sy vroeër in Junie deur vier 12 week oue babahondjies aangeval is.

People berig die tweejarige Felicity was buite hulle huis saam met haar ma, Sierra Michele Peden en haar pa, Micheal, asook haar drie sibbe om voor te berei vir ‘n verjaardagpartytjie wat by hulle huis sou plaasvind.

Die babahondjies was ook daar. “Ons het die hondjies vir drie weke gehad en hulle het ons nog nooit enige rede gegee om nie ons kinders by hulle toe te laat nie,” sê Sierra op ‘n GoFundMe-plasing wat hulle gestig het om geld in te samel.

Sierra het vinnig by die huis ingegaan om te stort en het die kinders buite by hul pa gelos. Sierra wou daarna vinnig winkel toe ry en op pad uit, het sy vir Micheal gevra of die kinders by hom is. “Ja, maar jy het vir Felicity, nè?” het hy gevra.

Micheal het Felicity onder ‘n perskeboom gekry, bewusteloos en verskeur.

In ‘n nuwe plasing op GoFundMe sê Sierra die vier honde het Felicity se oor geëet en haar nek en haar bolyf verskeur.

Felicity moes ‘n rekonstruktiewe operasie ondergaan en Sierra sê sy sal nog ‘n hele paar operasies moet ondergaan.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.