Vierjarige seuntjie doodgeskok

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Limpopo het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen na die dood van ‘n vierjarige seuntjie in die Burgersdorp Village op Sondag 12 Junie.

Die kleuter is na bewering deur ‘n oop, lewendige draad geskok.

Luitenant-kolonel Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), sê die vierjarige het na bewering saam met sy broers en susters van sy tante se huis in dieselfde dorpie gestap toe die tragedie hom tref.

“Die kinders het huis toe gehardloop om hul ma in te lig dat hul jonger broer geskok is deur ‘n oop, lewendige draad wat op die grond gelê het,” het die polisiewoordvoerder gesê.

Die vierjarige seuntjie is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen vir verdere ondersoek.

Die polisiekommissaris van Limpopo, luitenant-generaal Thembi Hadebe, was hartseer oor die voorval en het inwoners versoek om onwettige elektrisiteitsverbindings aan te meld om voorvalle soos hierdie te voorkom.

Bronne: MSN, Times LIVE, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Soektog na 6-jarige in oop mangat