Die polisie in die Oos-Kaap doen ‘n beroep op die ouers van een minderjarige wat Sondagoggend tydens die taverne-tragedie in die provinsie dood is, om hul kind te kom uitken.
Altesaam 21 minderjariges is Sondagoggend onder raaiselagtige omstandighede in die Oos-Kaap by die Enyobi Tavern dood.
Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê 20 van die oorledenes is geïdentifiseer, maar een liggaam is nog by die West Bank-lykshuis en moet nog geïdentifiseer word.
Brig. Kinana sê ook die polisieondersoek is nog onderweg en dat daar ‘n amptelike aankondiging gemaak sal word sodra daar meer inligting beskikbaar is.
“Die SAPD-speurders is sedert gister nog besig met ‘n ondersoek op die toneel. Die polisie vra die publiek om die ondersoekbeamptes die nodige ruimte en tyd te gee om met die ondersoek voort te gaan.”
Die polisie doen ook ‘n beroep op enige van die ouers wie se kinders ook by die taverne was, om hulle kinders vir mediese behandeling te neem indien hulle sleg voel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



