39 mensehandel-slagoffers in Nelspruit gered

Deel hierdie storie / Share this story

Altesaam 39 vroue, kinders en mans wat vir mensehandel op ‘n plaas verkoop is, is op 24 Junie deur die polisie gered.

Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes van 32 jaar oud is in hegtenis geneem na die 39 slagoffers op ‘n plaas op Belfast gered is.

Na inligting op die toneel bymekaargemaak is, kon die polisie vasstel dat die slagoffers met ‘n taxi van Mosambiek na Suid-Afrika gebring is. Lydenburg is waar die plaaseienaar een van die vermeende mensehandelaars ontmoet het. Die slagoffers is na die plaas geneem vir arbeid.

Die slagoffers woon nou in ‘n plek van veiligheid in Witbank.

Die twee verdagtes het vandag in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.