Geurige moussaka – resep

Deel hierdie storie / Share this story

Gebruik hierdie resep en maak lekker moussaka vanaand!

Bestanddele

500 g eiervrug

4 middelslag murgpampoentjies

600 g beesmaalvleis

1 groot ui, opgekap

500 g gekapte geblikte tamatie

400 g tamatiepulp (passata)

1 eetlepel gekapte pietersielie

1 eetlepel vars gekapte kruisement

½ teelepel fyn kaneel

¼ teelepel growwe swartpeper

2 eetlepels olyfolie

sout na smaak

Kaassous

90 g botter

1/3 koppie maizena of koekmeel

2 koppies melk

2 groot eiers, waarvan 1 geklits

1 koppie gerasperde Cheddarkaas

Metode

Sny die punte van die eiervrug af (ek verkies om skil te behou) en sny dit dan in 1 cm dik snye.

Sprinkel beide kante van eiervrug liggies met sout (om die vog te absorbeer) en plaas in ‘n bak vir 1 uur.

Sny die murgpampoentjies in skywe en braai liggies.

Verhit ‘n pan met olyfolie en braai die maalvleis en uie oor lae hitte tot gaar.

Voeg die tamatiepulp, geblikte tamatie, pietersielie, kruisement, kaneel en peper by en prut stadig vir 10 minute.

Verwyder van die stoof.

Droog die eiervrug af met absorberende papier.

Sprinkel olyfolie in plat bakplaat, en pak die eiervrugsnye daarop.

Bak die eiervrug vir ongeveer 5 minute aan ‘n kant, en plaas dit weer op kombuispapier.

Smeer botter op ’n oondpan en pak die helfte van die eiervrug op die bodem (enkel laag).

Plaas die murgpampoentjies bo-op die eiervrug, en dan die vleismengsel.

Herhaal die proses tot die bak amper vol is.

Verhit die oond tot 180 grade Celsius terwyl jy die kaassous maak.

Verhit die botter in ‘n pan oor lae hitte.

Voeg die meel/maizena bietjie-vir-bietjie by en roer vir 2 minute.

Verwyder dit van die hitte.

Voeg die melk by en roer dit in.

Plaas dit terug op die hitte.

Roer dit stadig tot die sous dik en romerig is en effens borrel.

Verwyder sous van die hitte, en klop die kaas in, gevolg deur die lig geklitste eierbeslag. (Klits dit vinnig, want jy wil nie roereier hê nie!)

Skep die sous bo-oor die eiervrug-en-vleismengsel, en skud bak ligggies sodat die sous egalig bo-op versprei is.

Bak vir 40 minute tot die bolaag bruin is en kante liggies prut.

Haal dit uit die oond en laat dit vir 10 minute rus.

Bedien met ‘n gekapte-spinasie-en-lemoenwiggie-slaai.

BRON: RSG

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.