’n Tiener is dood nadat hy van ’n bakkie geval het toe hulle bande in die middel van die pad geplaas het as deel van ’n betoging in die Vrystaat.
Volgens polisiewoordvoerder kaptein Phumelelo Dhlamini het die tragiese voorval Sondag gebeur.
“Op Sondag 26 Junie 2022 het ‘n groep mense voor die mall in Phuditjhaba saamgedrom met die doel om teen swak dienslewering te betoog. ’n Vyftienjarige seun het van ‘n bakkie geval en gesterf terwyl hulle besig was om bande in die middel van die pad te plaas,” het kaptein Phumelelo Dhlamini gesê.
Hy het verder gesê die 42-jarige buitelander wat die voertuig bestuur het, is in hegtenis geneem.
“Nog vyf verdagtes wat van openbare geweld aangekla word, is gearresteer en aangehou. Hulle sal binnekort in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn ” het kaptein Phumelelo Dhlamini gesê.
Bronne: MSN, Bloem In, Flipboard
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Hillary Gardee se pa ‘vrees vir sy lewe’



