Die polisie in Duitsland het Sondag gesê hulle het meer as 110 slange, van hulle gevaarlik, op ‘n plaas in Nedersakse ontdek nadat ‘n vrou wat daar gewoon het, mediese behandeling vir ‘n giftige byt gesoek het.
Die 35-jarige vrou het vroeg Sondag na ‘n hospitaal in Salzgitter, naby Hannover, gery en aan dokters daar gesê dat een van haar ratelslange haar vinger gebyt het.
Haar toestand het egter versleg en sy is na die Hannover Mediese Skool oorgeplaas.
’n Teenmiddel van die Tropiese Instituut in Hamburg is bekom. Terwyl die vrou se toestand versleg het, het die polisie haar plaas in Sehlde in die Wolfenbüttel-distrik besoek en tientalle slange gevind.
In ‘n verklaring het die polisie gesê daar is vasgestel dat die slangversameling beide luislange en giftige variëteite insluit, wat nie in toepaslike terrariums gehuisves is nie. Die reptiele is almal weggevat.
Bronne: MSN, ABC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



