Twee mense dood en verskeie beseer tydens aanval op gay-kuierplek

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mense is dood en ten minste 14 mense is ernstig beseer toe ‘n verdagte op ‘n gay-kuierplek in Noorweë losgebrand het.

Die skietery het vroeg Saterdag in Oslo plaasgevind en word as ‘n daad van terrorisme ondersoek.

Die verdagte het glo reg voor die gewilde gay-kuierplek, The London Pub, losgebrand.

“Twee mense is dood,” het die Oslo-polisie in ‘n twiet bevestig. “Meer as 14 mense is beseer en na die hospitaal geneem vir behandeling.”

‘n 42-jarige verdagte is in hegtenis geneem en sy identiteit is nog nie bekend nie.

Twee vuurwapens wat in die skietery gebruik is, is gekonfiskeer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.