Die polisie het nou reageer op die 22 sterftes wat vroeg vanoggend by ‘n taverne in Oos-Londen plaasgevind het.
Die polisie sê Bheki Cele, polisieminister, het vandag die taverne besoek waar die 22 minderjariges vanoggend vroeg dood is.
Die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, misdaadtoneelkenners en van die polisie se bomtegnici was saam met Cele op die toneel.
Cele het ‘n voorlopige verslag ontvang en het die gemeenskap buite die Enyobeni-taverne toegespreek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



