Ses dood in gru-ongeluk in Limpopo

Deel hierdie storie / Share this story

Ses mense is dood in ‘n gru-ongeluk wat Saterdagaand op die R71 buite Tzaneen plaasgevind het.

Limpopo se departement van vervoer het in ‘n verklaring gesê die ongeluk het tussen twee sedanmotors plaasgevind.

“Daar word beweer dat die bestuurder van een van die sedanmotors beheer verloor het oor die voertuig en kop-aan-kop teen die ander motor gebots het.”

Die motor het net na die ongeluk aan die brand geslaan.

Die bestuurder is volgens die departement deur sekuriteitsbeamptes van ‘n vulstasie naby die ongeluk uit die motor gehaal.

Al vyf insittendes van die VW-sedan is op die toneel dood verklaar.

Die oorledenes was tussen die ouderdomme van 35 en 50.

Limpopo se departement van vervoer sê nalatige bestuur is ‘n moontlike oorsaak van die ongeluk.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.