Polisiebeampte sterf in koeëlreën

’n Vriendin en getuie van die voorval wat om veiligheidsredes gevra het om nie genoem te word nie, het gesê sy is bang die verdagtes kan “agter haar aankom”.

Polisiebeampte sterf in koeëlreën

Polisiebeampte sterf in koeëlreënfoto: MSN

’n Vriend van die vermoorde polisiebeampte Shameilah Arendse sê sy sal nooit die aand vergeet wat haar vriendin in ’n koeëlreën omgekom het nie.

Arendse, verbonde aan Tdie afelbaai-polisiestasie, is Dinsdagaand omstreeks 19:40 deur drie onbekende verdagtes doodgeskiet terwyl sy saam met haar vriende op haar woonstel se trappe gesit en na musiek luister het.

’n Vriendin en getuie van die voorval, wat om veiligheidsredes gevra het om nie genoem te word nie, het gesê sy is bang die verdagtes kan “agter haar aankom”.

“Ons het net hier met twee van ons vriende gesit en musiek geluister en gesels. Sowat drie ouens het van die hoek af gekom en op haar begin skiet, en toe hulle geskiet het, het sy oor my geleun. Ek kon voel hoe sy oor my val en ek het gehardloop, maar hulle het aangehou om haar te skiet. Nadat hulle haar geskiet het, het die verdagtes die twee ouens saam met wie ons was agternagesit, maar hulle kon hulle nie kry nie en toe hulle die twee ouens agternagesit het, was ek reeds in die huis, maar ek kon hulle hoor vloek,” het sy gesê.

Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Sy het gesê die Valke het die ondersoek oorgeneem.

Bronne: MSN, IOL, Pressreader

Lees ook: Grondeisehof beveel familie om liggaam wat onwettig op plaas begrawe is, op te grawe

Leave a Reply

Your email address will not be published.