Ma in hegtenis na dogter (2) se skietdood

Die polisie sê die moontlikheid dat die staat verdere klagtes teen Cantu en haar kêrel kan lê, kan nie uitgeskakel word nie.

(Foto: New York Post)

(Foto: New York Post)

Die 35-jarige ma het aanvanklik gesê haar tweejarige dogtertjie het haarself per ongeluk doodgeskiet, maar die nadoodse ondersoek het nou bewys dat dit nie is wat gebeur het nie.

Jessica Cantu, ‘n ma van Texas, is verlede week in hegtenis geneem en aangekla daarvan dat sy haar kind in gevaar gestel het, vier maande na haar kleuter, Juelz Gonzales, in hulle huis in San Antonio dood is.

Die San Antonio-polisie sê daar is gerapporteer dat die kind haarself geskiet het, maar na die ondersoekbeamptes verskeie inligtingstukke bymekaargemaak het en die nadoodse ondersoek voltooi het, is dit bewys dat die kind nie haarself geskiet het nie.

Die kleuter is van ‘n afstand af geskiet en sy kon dus nie self die sneller getrek het nie.

Cantu het vir die polisie gesê dat sy op 18 Februarie saam met haar ander dogtertjie in die badkamer was toe sy die skoot gehoor het. Sy het gesê haar dogtertjie het glo op die bed gelê en televisie gekyk.

Cantu en haar 32-jarige kêrel, aan wie die vuurwapen behoort het, het na bewering na die kamer gehardloop en Juelz daar gekry.

Die polisie sê die moontlikheid dat die staat verdere klagtes teen Cantu en haar kêrel kan lê, kan nie uitgeskakel word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.