Ontvoerde Kby-man se liggaam vanoggend gekry

Volgens Kock is die man se bakkie twee dae na die ontvoering gevind.

(FOTO PER ILLUSTRASIE, MyCars)

(FOTO PER ILLUSTRASIE, MyCars)

‘n Kimberley-man (40), wat vroeër dié maand in sy rooi Corsa-bakkie ontvoer is, se liggaam is vanoggend om 07:20 in ‘n veld naby die Samaria-pad net buite Kimberley gevind.

Lt.-kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die man se liggaam is deur ‘n verbyganger gevind.

Volgens Kock is die man se bakkie twee dae na die ontvoering gevind.

“Die slagoffer het glo vier onbekende mans vir besigheid ontmoet, toe die mans skielik skote op die man begin vuur het en met hom en sy bakkie weggery het.”

Die bakkie is naby dié toneel gevind.

Die polisie is steeds op soek na die vier verdagtes.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.