Man skop, slaan glo seun oor sout

(Foto: The South African)

(Foto: The South African)

Die bakleiery wat gelei het tot ‘n verdagte wat glo ‘n 16-jarige seun aangerand en ‘n vuurwapen op hom gerig het, was glo oor sout.

Die 42-jarige Corrie Pretorius se hofsaak is na 24 Junie uitgestel. Pretorius word van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla na hy ‘n 16-jarige kind na bewering op Groblersdal aangerand het.

Mashudu Malabu-Dzhangi, woordvoerder vir die NVG, sê die voorval het by ‘n winkel by die Groblersdal Game-sentrum plaasgevind.

“Die seun en sy nefie was by die Fatcake City toe die 16-jarige seun gevra het of hy dieselfde sout as die man kan gebruik. Die beskuldigde het glo woedend geraak en die minderjarige seun begin aanrand en hom by die winkel uitgeboender.”

Malabu-Dzhangi sê die beskuldigde het glo aangehou om die seun aan te rand en ook ‘n vuurwapen op hom gerig.

Die video van die voorval is wyd op sosiale media gedeel.

Die seun is na die hospitaal geneem, het behandeling ontvang en is ontslaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published.