Steve Hofmeyr het gister op sy Facebook-blad gesê die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) wil hê hy moet ‘n bedrag van R500 000 betaal.
Dié bedrag moet aan ’n nie-winsgewende organisasie geskenk word wat deur die kommissie geïdentifiseer word en die regte van die LGBTQI+-gemeenskap bevorder.
“Die Gelykheidshof/MRK laat weet – effektiewelik – dat ek altyd moet onthou dat, as my kinders iets sou oorkom en ek my kinders nie kan help nie, ek darem R500 000 aan vroue met penisse geskenk het.”
Die plasing is intussen verander na “Die Gelykheidshof/MRK laat weet – wat vir my daarop neerkom dat – ek altyd moet onthou, as my kinders iets sou oorkom en ek my kinders nie kan help nie, ek darem R500 000 spandeer aan omies in spandex wat ons kleuters wil groom in familie-vriendelike drag-shows.”
Hofmeyr het in April in ’n video op sosiale media daarop gesinspeel dat die “+” in die afkorting LGBTQI+ bestialiteit insluit.
“Waar my generasie geleer is om met muise, honde en eende te praat, gaan ons kinders geleer word om met muise, honde en eende seks te hê,” sê Hofmeyr in die video wat sedertdien van sosiale media verwyder is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



