Die polisie het Saterdag ‘n 29-jarige moordverdagte in hegtenis geneem na die moord op sy meisie aan die begin van Junie vanjaar.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is sedert die moord deur die polisie gesoek.
“Die polisie op Amersfoort het ‘n deurbraak gehad toe hulle Saterdag die verdagte in hegtenis geneem het deur inligting wat die gemeenskap aan die polisie verskaf het.”
Charlie Shabangu se meisie, die 34-jarige Nomalanga Zwane, is vroegoggend op 6 Junie vanjaar vermoor.
Shabangu het na bewering ook sy meisie se broer aangerand ná Zwane se broer probeer het om haar te help om van Shabangu af weg te kom.
Shabangu het glo Zwane en haar broer se selfoon gesteel en van die toneel gevlug.
Die gemeenskap het die polisie ingelig dat hulle Shabangu gesien ryloop het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



