Misdadigers ontwikkel nuwe kapingsmetodes

Misdadigers teiken ook voertuie wat oopsluit wanneer die eienaar die voertuig nader.

Misdadigers ontwikkel nuwe kapingsmetodes

Misdadigers ontwikkel nuwe kapingsmetodes foto: Canva

Op 18 Februarie het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangekondig meer as 5 000 kapings is tussen Oktober en Desember 2021 aangemeld.

In die eerste drie maande van 2022 is 5 402 kapings aangemeld. As gevolg van hierdie skokkende hoë statistieke is hier ‘n paar kapingsneigings waarvan plaaslike motoriste bewus moet wees.

Terwyl misdadigers nog altyd spesiale toerusting gebruik het om die sein tussen jou motor en die sleutel te blokkeer, het die plaaslike voertuigopsporingsmaatskappy Netstar aan BusinessTech gesê dat misdadigers nuwe kapingsmetodes ontwikkel wat spesifiek voertuie teiken met ‘n “druk om te begin”-knoppie.

Misdadigers teiken ook voertuie wat oopsluit wanneer die eienaar die voertuig nader.

Netstar beklemtoon dat ander kapingsmetodes wat deur misdadigers gebruik word dié insluit waartydens hulle hulle as polisiebeamptes voordoen wat motoriste stop of die motoris se voertuig word fisies gestamp en dan gekaap wanneer hy uitklim om die skade te bepaal.

BusinessTech berig dat die meeste misdadigers hul kapings vir dae vooruit beplan voordat dit werklik gebeur.

Sommige volg hul slagoffers voordat hulle hul skuif maak.

Hier is drie wenke vir motoriste om van bewus te wees as hulle vermoed hulle word gekaap:

• Wees bewus van jou omgewing: Wanneer jy by jou oprit intrek (veral snags) wees altyd bewus van die voertuie om jou. As jou hek nie met afstandbeheer oopmaak nie, laat iemand in die huis die hek vir jou oopmaak.

• Rapporteer enige verdagte aktiwiteit: Indien jy bewus is van enige verdagte aktiwiteit in jou area, rapporteer dit dadelik by die buurtwag.

• Wees altyd aan die beweeg: Wanneer jy by ’n verkeerslig stop of stop om jou sleutels te soek om die hek oop te maak, is jy kwesbaar vir ’n aanval. As jy kan, maak altyd seker dat jy aan die beweeg is. Hou jou sleutels naby.

Volgens data wat deur die SAPD vrygestel is, het kapings met 19,7% toegeneem van 4 513 tussen Januarie en Maart 2021 tot 5 402 tussen Januarie en Maart 2022.

Die meeste motorkapings, altesaam 98, is by Mamelodi-Oos-polisiestasie in Pretoria aangemeld.

Bronne: MSN, The South African, BusinessTech

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Nuwe huise vir KZN-vloedslagoffers kry kritiek

Skrywer:

1 thought on “Misdadigers ontwikkel nuwe kapingsmetodes

Leave a Reply

Your email address will not be published.