President Cyril Ramaphosa is reeds onder geweldige druk om te verduidelik hoekom hy miljoene dollars op een van sy plase in Limpopo opgegaar het, maar sy “geheime ontmoeting” met hoofregter Raymond Zondo span nou die kroon.
Volgens Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, het president Ramaphosa met die kommissie se voorsitter, hoofregter Raymond Zondo, vergader om die oorhandiging te bespreek.
Magwenya sê ’n nuwe datum en tyd vir die oorhandiging sal binnekort aangekondig word. Die verslag sou by die Uniegebou in Pretoria oorhandig word nadat dit op Sondag 19 Junie digitaal gestuur is.
Dit sou aanvanklik in April vrygestel word, maar die Staatskapingskommissie – waarvan hoofregter Zondo voorsitter was – is weer eens uitstel gegun om die span in staat te stel om die verslag af te rond.
Hierdie Maandagoggendvergadering is eers aangekondig nadat daar bevestiging was van die staatskapingverslag se vertraging.
Dit het baie agterdog laat ontstaan, veral by John Steenhuisen, DA-opposisieleier.
Die DA-leier het die samekoms as “verkeerd en diep oneties” bestempel en bevraagteken waarom Ramaphosa die besonderhede van die staatskapingverslag so lank as moontlik geheim sou wou hou.
Wat Steenhuisen betref, is die president se geloofwaardigheid nou nog meer onder druk.
“Die vertraging in die vrystelling van die finale verslag van die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping, na bewering as gevolg van ‘n vergadering tussen president Ramaphosa en hoofregter Raymond Zondo vroeër vandag om die tydsberekening van die oorhandiging te bespreek, is verkeerd en diep oneties. ”
“Dit is ‘n gevaarlike en onaanvaarbare inmenging in die geregtelike proses wat ‘n lang skadu werp oor beide die onafhanklikheid van Suid-Afrika se regbank en die geloofwaardigheid van die Presidensie. Dit is verstommend dat Ramaphosa niks verkeerd sien om hierdie vergadering by te woon nie,” aldus mnr. Steenhuisen.
It is astounding that the President sees nothing wrong in attending this meeting. The delay of the court-mandated deadline for the release of the final Zondo Report, seemingly at the hand of the President, should set alarm bells ringing. – @jsteenhuisen
— Democratic Alliance (@Our_DA) June 20, 2022
Bronne: MSN, Flipboard, Twitter
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Nog ‘n saak teen President Ramaphosa



