Volgens die SA Weerdiens (SAWD) sal ‘n afsnylaagdrukstelsel na verwagting op Sondag 19 Junie 2022 langs die kus van Namibië ontwikkel, wat Dinsdag oor die Noord-Kaap sal beweeg.
“Afsnylaagtepunte word geassosieer met wydverspreide onstabiliteit in die atmosfeer, wat periodes van langdurige reënval kan bevorder. Buie en donderbuie kan van Maandag af oor dele van die Kaapse provinsies met gepaardgaande koue dagtemperature en winderige toestande verwag word, terwyl dit Dinsdagaand en Woensdag na dele van die Vrystaat en Noordwes versprei, ” volgens die SAWS.
Numeriese modeldata stem tans nie ooreen met die voorspelde intensiteit en beweging van die afsnylaagtepunt in die laaste deel van die week nie. SAWD sal voortgaan om hierdie weerstelsel te monitor en die publiek op hoogte hou van waarskuwings en inligting rakende hierdie stelsel.
Daar word verder gesê dat onseisoenale, maar nie ongewone nie, 24-uur-reënval van 20 tot 35 mm oor dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes verwag kan word.
“Die aanvang van die reënval word Maandag oor die Noord-Kaap verwag, terwyl dit Dinsdagaand na die Vrystaat en Noordwes versprei. Sterk rukwinde van 50 km/h kan ook van Maandag af oor dié gebiede verwag word. Alhoewel koue dagtemperature verwag word, sal sneeuval waarskynlik Woensdag tot die Drakensberg-streke en Lesotho beperk wees en Donderdag na die hoogliggende gebiede van die Wes- en Oos-Kaap versprei,” voorspel die SAWS.
Die SAWD het kleinveeboere aangemoedig om diere te skuil. “Trek warm aan en vermy hoë bergpasse indien moontlik.
Maak kontak met jou naaste rampbestuurder of gemeenskapsleier en hou aan om na die radio te luister vir opdaterings.”
Bronne: MSN, Sowetan LIVE
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Man doodgesteek by McDonald’s drive-thru



