Polisiebeamptes van Johannesburg se toppolisiëringsafdelings is die naweek gearresteer nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle aan ‘n ontvoering deelgeneem het.
Die misdaad het na bewering in Bryanston, Gauteng, plaasgevind.
Altesaam ses wetstoepassers van drie verskillende departemente word daarvan verdink dat hulle die dun blou streep oorgesteek het en ‘n rol in ‘n kriminele aktiwiteit gespeel het wat tot taamlike lang tronkvonnisse kan lei.
Die oortreders sluit in:
• Twee beamptes van die Johannesburgse misdaadintelligensieburo.
• Drie Gautengse verkeersbeamptes.
• Een polisiebeampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD).
• Twee gewone burgers is ook betrokke.
Hulle word aangekla van ontvoering, afpersing en aanranding.
Die agt verdagtes sal binnekort in ‘n Gautengse hof verskyn, met moontlike borgtogaansoeke.
Daar word verneem die groep sit vermoedelik agter die onlangse ontvoering van ‘n sakeman in Bryanston.
Die slagoffer het nie enige ernstige beserings in die voorval opgedoen nie, maar die staat stel steeds belang om die geïsoleerde aanrandingsaak voort te sit. Yusuf Abramjee, advokaat teen misdaad, het die nuus Sondagaand op sy Twitter-stroom gedeel.
Besonderhede oor die saak is steeds skraps.
Two Johannesburg Crime Intellegence officers, three @GTP_Traffstats and one @JoburgMPD officer as well as two civilians have been arrested on charges of kidnapping, assault and extortion. The case relates to a businessman who lives in Bryanston.
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) June 19, 2022
Bronne: MSN, Tribune South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.
Lees ook: Nog ‘n saak teen President Ramaphosa



