Geurige aartappel-en-worsiegebak

Deel hierdie storie / Share this story

Heerlike resep vir aartappel-en-worsiegebak.

(Uit: Gesondheid uit die grond uit)
Lewer 6 porsies

Bestanddele:

• 250 ml fyn, gaar aartappel
• 125 ml jogurt (ongegeur, laevet)
• 125 ml cheddar-kaas, gerasper
• 12,5 ml pietersielie, vars en fyngekap
• 1 x 270 g-blik Weense worsies, gesny
• 1 ui, fyngekap
• 2 selderystingels, gekap
• 1 pakkie sampioen- of uiesoppoeier
• 500 ml water
• 25 ml droë broodkrummels

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
  2. Meng die aartappels, jogurt, kaas en pietersielie.
  3. Kook die seldery en ui in ‘n klein bietjie water tot sag en meng ligweg met die Weense worsies.
  4. Los die soppoeier in die water op.
  5. Plaas ‘n laag Weense worsiemengsel onder in ‘n gesmeerde bakskottel.
  6. Skep lepelsvol aartappelmengsel bo-op die Weense worsies, totdat die worsies bedek is.
  7. Strooi broodkrummels bo-oor.
  8. Giet sopmengsel laastens oor die hele gereg. Maak openinge met ‘n mes in die aartappellaag, sodat die sop tot onder kan deursak.
    Bak onbedek vir 30 minute. Bedien warm.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.