Minstens 8 mans neem 40 sekondes om dubbelkajuit by rooi lig aan te val

Deel hierdie storie / Share this story

Beeldmateriaal wat op Facebook gedeel is, wys hoe minstens agt mans vier vensters van ‘n dubbelkajuitbakkie wat by ‘n rooi verkeerslig stilhou, stukkend slaan en voortgaan om items van binne af te roof. Van die kommentare lui dat motoriste gewapen moet wees en hulle wapens in so ‘n geval moet gebruik.

Die persoon wat die beeldmateriaal gedeel het, het geskryf dit het in Joburg plaasgevind. In die video kom die voertuig langs ‘n Toyota Quantum tot stilstand, wanneer die verkeerslig rooi slaan.

Sodra die dubbelkajuitbakkie stop, beduie ‘n man wat in die pad stap vir drie ander agter hom, en hulle hardloop almal na die voertuig. Ddie man wat die ander nader geroep het, slaan die eerste die bestuurder se syruit uit.

Die vensters aan die passasierskant word ook stukkend geslaan, terwyl meer mans nader gehardloop kom.

Een van hulle slaan die passasiersruit agter die bestuurder met sy elmboog stukkend nadat hy dit nie kon regkry met ‘n voorwerp nie.

Die man trek ‘n swart sak deur die agterste passasiersvenster en met dit onder sy een arm, probeer hy om die deur wat gesluit is oop te maak.

Daar kan gesien word hoe nog ‘n voetganger in ‘n blou baadjie ook na die voertuig hardloop om by die boosdoeners aan te sluit.

Die man wat eerste die bestuurder se ruit stukkend geslaan het, bly regdeur die pleeg van die misdaad daar en kyk selfs na ‘n taxi wat by die verkeerslig stilhou.

Daar word gesien hoe hy goed uit die bestuurder se hande gryp. Hy laat val iets, die bestuurder klim uit om dit op te tel, aarsel ‘n oomblik en ry dan weg.

Die beeldmateriaal wat ‘n wye area dek, wys hoe ander motors tydens die voorval stop en wegry.

Twoboys Stritkid Nyembe het in reaksie op die video geskryf dat situasies soos hierdie van bestuurders vereis om hul gewer naby en gereed om te skiet te hou.

“Dit is pure disrespek. Ons moet ons wapens naby hou, en slaan en kyk hoe hulle val,” het Lulu Siphiwe Siphiwe geskryf. Sylvester BK Mdluly het geskryf die mans in die video verdien ‘n koeël. “Daarom moet jy nooit sonder ‘n geweer wees wanneer jy in gebiede soos hierdie ry nie,” het Ntokozo Nxumalo geskryf.

Bronne: IOL, MSN, Flipboard

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: EFF gaan beweerde ‘sluipmoordpoging’ bespreek