Robot gebruik in soektog na seun wat in mangat val

Deel hierdie storie / Share this story

Owerhede in Johannesburg span nou ‘n robot in om te help om die sesjarige Khaya Magadla, wat Sondag in ‘n mangat geval het, te vind.

Die soektog duur al vir ‘n geruime tyd. Nooddienste en die polisie het reeds vier mangate deursoek.

Johannesburg EMS-woordvoerder, Robert Mulaudzi, het met eNCA gepraat terwyl die spanne voorberei het om Delta Line se robot tydens die soektog te gebruik.

Hy sê die robot is in die vorm van ‘n boot met ‘n kamera op die voorpunt wat ‘n beeld van 360 grade gee sodat reddingswerkers dit op ‘n skerm kan dophou.

Die sesjarige Magadla se familie is intussen gewaarsku om hulle vir die ergste voor te berei, aangesien die kanse dat die seun lewend gevind kan word, skraal is.