Tieners slaan stiefpa dood na sussie sê hy molesteer haar

(Foto's: CNN)

(Foto's: CNN)

Twee tienerseuns het in Januarie vanjaar hul stiefpa doodgeslaan na hulle negejarige sussie hulle vertel het hy molesteer haar.

Alejandro en Christian Trevino, tienerseuns van Texas, het die 42-jarige Garbiel Quintanilla op 20 Januarie 2022 só aangerand dat hy dood is aan sy beserings. Sy liggaam is in ‘n oop veld gelos.

Die polisie glo Quintanilla was nog lewend toe hy in die veld gegooi is. Sy liggaam is die volgende dag gevind.

Dis steeds nie bekend of die beweringe van seksuele aanranding van die negejarige waar is nie.

Quintanilla was glo in 2019 gesoek vir klagtes van seksuele kindermishandeling toe hy gevlug het. Die slagoffer in die saak beweer hy het haar tussen 2014 en 2016 verskeie keer seksueel aangerand.

Toe Quintanilla se liggaam uiteindelik in Januarie 2022 gevind is, het die polisie met ‘n ondersoek na sy moord begin.

Die ondersoek het hulle na die 17-jarige Christian Trevino en sy 18-jarige broer, Alejandro, gelei.

Die broers het Quintanilla glo in ‘n park gekonfronteer oor hulle sussie se beweringe. Die tieners het hom daar aangerand en hy het ernstige beserings opgedoen. Hy het probeer weghardloop, maar hulle het hom agternagesit.

Die twee broers is van moord aangekla en het tydens ‘n vraagsessie deur die polisie erken dat hulle hom aangerand het.

Leave a Reply

Your email address will not be published.