‘n Olifant het ‘n 70-jarige vrou in Indië vertrap en met haar begrafnis het hy teruggekeer en haar liggaam verder vertrap.
Die voorval het Donderdagmiddag in Odisha in Indië plaasgevind.
Maya Murmu het water gaan haal toe ‘n wilde olifant op haar afgestorm het. Die olifant het uit die Mayurbhanj-wildlewereservaat ontsnap.
Ten spyte van die feit dat daar met haar na die hospitaal gejaag is, is sy oorlede. Haar liggaam is op ‘n brandstapel vir die verassing geplaas.
Toe haar familie Saterdagaand besig was met die laaste reëlings vir haar begrafnis, het die olifant teruggekeer, haar liggaam van die brandstapel afgehaal en haar weer vertrap voor hy haar eenkant toe gegooi het.
Haar familie het verskrik weggehardloop en kon eers later haar begrafnis afhandel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



