Die top 10 Mej. SA-finaliste is Maandagaand by The Maslow Hotel in Sandton aangekondig.
Die tien vroue, wat ‘n tree nader is as aan die kroon, verteenwoordig vyf verskillende provinsies. Vier is van Gauteng, twee van KZN en twee van die Wes-Kaap. Limpopo en Noordwes het elk een finalis.
Anarzade Omar, Ayanda Thabethe, Itumeleng Parage, Keaoleboga Nkashe, Lebogang Mahlangu, Luvé Meyer, Luyanda Zuma, Ndavi Nokeri, Pearl Ntshehi en Tamsyn Jack gaan vir die volgende twee maande meeding om te kyk wie op 13 Augustus met die kroon as Mej. SA wegstap.

Ndavi Nokeri van Tzaneen in Limpopo het die meeste stemme van die publiek ontvang.
Die voormalige Mej. SA 2015 Lisel Laurie, modeontwerper Khosi Nkosi, True Love-hoofredakteur Makhosazana Zwane-Siguqa, die aktrise Simoné Nortmann, liggaamspositiewe aktivis Tracey-Lee Lusty Horwitz en Koo Govender, uitvoerende hoof van Dentsu, was die beoordelaars op vanjaar se paneel.

Die finale ronde sal regstreeks op M-Net uitgesaai word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



