Riaan Naude is op 10 Junie koelbloedig vermoor toe hy langs die pad buite Mokopane afgetrek het.
Volgens Kevin Cooper, het Naude se bakkie oorverhit en hy het van die pad afgetrek om water in te gooi.
‘n Wit bakkie het langs hom stilgehou en hy is doodgeskiet, waarna die twee verdagtes sy pistool gesteel het.
Hulle het glo in die bakkie gespring en in die rigting van Marken gejaag.
Al Naude se persoonlike besittings was nog in die bakkie. Sy ander wapens, ammunisie, jagtoerusting en klere is net so gelaat.
Die saak word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.



