Idris Elba die nuwe James Bond?

Deel hierdie storie / Share this story

Idris Elba is terug in die wedloop om James Bond te speel. Die akteur het glo teruggetree om Daniel Craig die geleentheid te gee om die beroemde spioen te wees en het met vervaardigers gepraat oor ‘n moontlike verskyning as die skurk in die volgende fliek.

Maar hy word weer oorweeg vir die rol van 007 nadat hy gunstig in marknavorsing gevaar het.

‘n Bron het aan die koerant The Sun se Bizarre-rubriek gesê: “Idris is lank reeds in gesprek om ‘n rol in die volgende era van James Bond te speel en is verlede jaar oorweeg vir ‘n rol as ‘n antagonis. Gesprekke oor hom wat die hoofrol speel, het egter weer begin toe vervaardigers besef het hoe gewild hy sou wees nadat hulle geheime marknavorsing gedoen het. Hy is hoog aangeslaan deur die diverse groep fliekliefhebbers wat genooi is om aan die meningspeiling deel te neem. Hulle wou hom nie as ’n aartsvyand sien nie – hulle wou hom as die held hê.”

James Bond-vervaardiger Barbara Broccoli het vroeër vanjaar bevestig dat hulle Idris in die oog het vir die ikoniese rol.

Sy het gesê: “Ons ken Idris, ek is vriende met hom. Hy is ‘n wonderlike akteur. Jy weet, hy was deel van die gesprek, maar dit is altyd moeilik om ’n gesprek te voer as jy reeds iemand in die sitplek het.”

Die voormalige Bridgerton-akteur Rege-Jean Page bly die wedders se gunsteling om die nuwe James Bond te wees, met Henry Cavill, Aidan Turner en Tom Hardy wat glo ook ‘n kans het.

Bronne: IOL, MSN, Yahoo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: DBV staak soektog na beseerde diere in onlangse brande weens slegte weer